
Kom kyk die walvisse vanaf Dolphin Dunes.
Hier by Dolphin Dunes kan ons jaarliks walvisse sien verby swem vanaf Junie tot ongeveer September. Ons het al op vele okasies walvisse gesien wat so naby le dat die vergroeisels op hulle masiewe lywe duidelik met die naakte oog gesien kan word. Dit bly ‚n voorreg om hierdie diere te kan sien, en sommer so van die stoep af. ;ldk;fs;fks;f;f Besoek ons 'Blog' vir nog oor wat by Dolphin Dunes aan die gang is..
Kom bly by ons - bespreek vroegtydig
Ons almal sien uit na die 2010 Sokker Wereld Beker en hier by Dolphin Dunes is ons in rep en roer nadat daar duidelikheid is oor watter lande in ons area gaan tuis gaan. Dit is ‘n uitstekende geleentheid om Suid-Afrika en die Tuinroete te bemark en gaste weereens te beindruk met eg Suid-Afrikaanse gasvryheid.
Die Tuinroete, en Wildernis spesifiek, is wonderlik gelee vir gaste wat naby aan die natuur en see wil wees maar tog naby genoeg aan ‚n lughawe. Ons George lughawe is slegs 20 minute vanaf Wildernis wat beteken dat geen tyd gemors word met lang ritte heen en weer nie. Ons beoog om ook ons tariewe bekostigbaar te hou en dus te verseker dat nuwe besoekers aan Suid-Afrika weer terug sal kom. Sokker World Cup Bookings |